Vladimir Nabokov | |
---|---|
Monument van Nabokov in Montreux.
| |
Geboortenaam | Wladimir Wladimirowitsj Nabokof |
Gebore | 22 April [O.S. 10 April] 1899 |
Plek | Sint Petersburg, Rusland |
Oorlede | 2 Julie 1977 |
Plek | Montreux, Switserland |
Beroep | Romanskrywer, lepidopteroloog, professor |
Beweging | Modernisme, postmodernisme |
Belangrike werke | The Defense (1930) The Real Life of Sebastian Knight (1941) Lolita (1955) Pale Fire (1962) Speak, Memory (1936–1966) |
Eggenote | Véra Nabokov |
Kinders | Dmitri Nabokov |
Vladimir Nabokov (Russies: Влади́мир Влади́мирович Набо́ков, Wladimir Wladimirowitsj Nabokof; 22 April [O.S. 10 April] 1899, Sint Petersburg, Rusland – 2 Julie 1977, Montreux, Switserland) was ’n Russies-Amerikaanse romanskrywer.[1] Sy eerste nege romans was in Russies. Hy het daarna internasionaal bekend geraak as die skrywer van Engelse prosa. Hy was ook ’n lepidopteroloog (kenner van motte en skoenlappers) en skaakkenner.
Nabokov se Lolita (1955) is sy bekendste werk. Dit toon die liefde vir ingewikkelde woordspeling en sintetiese detail wat kenmerkend van al sy romans is.